Paralimpiese Somerspele 1992

IXe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 1992

Gehou in Barcelona en Madrid, Spanje
Deelnemende lande 82 (Barcelona)
75 (Madrid)
Deelnemende atlete 3 020 (Barcelona)
1 600 (Madrid)
Items 487 in 15 sporte (Barcelona)
68 in 5 sporte (Madrid)
Openingseremonie 3 September (Barcelona)
15 September (Madrid)
Sluitingseremonie 14 September (barcelona)
22 September (Madrid)
Amptelik geopen deur Konigin Sophia
Atlete-eed (sedert 2012)
Beampte-eed (sedert 2008)
Olimpiese vlam Antonio Rebollo (Barcelona)
Coral Bistuer (Madrid)
Vorige Spele 1988: Seoel (Suid-Korea)
Volgende Spele 1996: Atlanta (VSA)

Die Paralimpiese Somerspele 1992 (Spaans: Juegos Paralímpicos de Verano de 1992; Katalaans: Jocs Paralímpics d'estiu de 1992) is tussen 3 en 14 September in Barcelona gehou, terwyl die Paralimpiese Spele vir geestelik gestremdes tussen 15 en 22 September in Madrid gehou is.[1] Tydens die geleentheid in Barcelona het 3 020 atlete uit 82 nasies aan sowat 487 items in 15 verskillende sportsoorte deelgeneem, terwyl tydens die geleentheid in Madrid 1 600 atlete uit 75 nasies aan 68 items in 5 verskillende sportsoorte deelgeneem het.[2]

Dit was die negende Paralimpiese Somerspele wat aangebied is en die eerste sedert die stigting van die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989.

Suid-Afrika word toegelaat om aan die Spele deel te neem na 'n 12 jaar skorsing as gevolg van apartheid en behaal 'n 27ste plek met agt medaljes (vier goud, een silwer en drie brons). Die span breek ook drie wêreldrekords en een Paralimpiese rekord.

Die Olimpiese Somerspele 1992 is tussen 25 Julie en 9 Augustus in Barcelona gehou. Die Paralimpiese Winterspele 1992 is in Albertville, Frankryk, aangebied.

  1. (en) "Madrid 1992 – the Paralympic Games that time forgot!". Paralympicanorak.wordpress.com. 25 Junie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2020. Besoek op 22 Januarie 2018.
  2. (en) "IPC Historical Results Archive". Internasionale Paralimpiese Komitee. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Maart 2018. Besoek op 22 Januarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy